ABIMELEK

ABIMELEK beteken “my pa is koning”. Daar is vyf verskillende verwysings na persone met die naam Abimeleg.

1. ’n Tydgenoot van Abraham* (Gen 20).

2. ’n Koning van die Filistyne* (Gen 26), en kom voor in die verhaal van Isak*.

3. Die derde word in Ps 34 genoem. Dis dieselfde persoon wat in 1 Sam 21:10-22 as koning Akis van Gat* aangedui word.

4. Die seun van Gideon* (Rig 9) wat drie jaar lank ’n monargie in Israel*2 probeer vestig het (Rig 9:22).

5. ’n Priester, seun van Abjatar* (1 Kron 18:16).

 

Sidebar