ABISAI

ABISAI se naam het die volgende moontlike betekenisse: “(my) pa is Isai*” of “(my) pa bestaan”. Hy was die oudste seun van Seruja, die suster van Dawid* en broer van Joab* en Asael (2 Sam 2:18). Hy was hoof van ’n groep van drie onder Dawid se “magtige manne” (2 Sam 23:18). Abisai se beste karaktertrekke was sy onwrikbare lojaliteit en getrouheid aan Dawid.

A Daniels

Sidebar