ADAR

ADAR is die twaalfde maand van die kalender* wat ingestel is ná die Jode* se terugkeer uit ballingskap*. Dit stem ooreen met die Babiloniese maand Addaru en beslaan ongeveer Februarie en Maart. Dit is die maand waarin die tweede tempel* voltooi is (Esra 6:15). Adar is ook die maand waarin die gebeure afgespeel het wat aanleiding gegee het tot die purimfees* (Ester 3:7, 13; 8:12; 9:1-21).

 

Sidebar