ADENDORFF, MECHIEL CHRISTIAAN

ADENDORFF, MECHIEL CHRISTIAAN (1937–) het vir predikant* aan die Universiteit van Pretoria studeer en vanaf 1967 verskeie NG gemeentes bedien. In 1986 het hy ernstig verskil met Kerk en samelewing, die beleidstuk wat die Algemene Sinode van die NG Kerk* daardie jaar aanvaar het. Hy het onder meer gemeen dat daarin trekke van bevrydingsteologieë en -ideologieë voorkom en het ook so aan die sinode* gesê. Ná die stigting van die Afrikaanse Protestantse Kerk (AP Kerk)* die volgende jaar, het hy daarby aangesluit. In 1990 word hy die direkteur vir kerkadministrasie van die AP Kerk. Met sy aanvoeling vir sisteem en ordelikheid en insig in die AP Kerk se dogmatiese* en kerkregtelike* beskouings, het hy dié kerk in die bestek van vyftien jaar voorsien van ’n vaste administratiewe grondslag.

 

Sidebar