ADMA

ADMA. Saam met Sodom*, Gomorra* en Sebojim maak die stad Adma die suidelike grens van die Kanaäniete* se grondgebied uit (Gen 10:19). Adma en Sebojim word geassosieer met Sodom en Gomorra deurdat dit verwoes is as gevolg van hulle sonde* (Deut 29:22-23 en Hos 11:8). Die lot van hierdie stede dien as waarskuwing aan Israel* om nie die verbond* met God te verbreek nie.

 

Sidebar