ADONIA

ADONIA. Die betekenis van die naam is “Jahwe* is my heer”. Daar is drie verwysings na persone met dié naam:

1. Die vierde seun van Dawid* wat in Hebron* gebore is, en wat probeer het om koning te word (2 Sam 3:4; 1 Kron 3:2; 1 Kon 1–2). Hy word deur Jojada* om die lewe gebring nadat hy Abisag* as vrou gevra het.

2. ’n Leviet wat deur Josafat* gestuur is om die wet te onderrig in die stede van Juda*4 (2 Kron 17:8).

3. Een van die persone wat die verbond van hervorming verseël het (Neh 10:16).

 

Sidebar