ADONIRAM

ADONIRAM was ’n seun van Abda en amptenaar aan die hof van Salomo*. Hy was in beheer van die dwangarbeid (1 Kon 4:6). Salomo se seun, Rehabeam*, het geweier om ná sy pa se dood die dwangarbeid te verlig. Toe die Israeliete teen hom rebelleer, het Rehabeam vir Adoniram na hulle toe gestuur, maar hulle het hom gestenig (1 Kon 12:18). In 2 Kron 10:18 is Adoniram se naam Hadoram.

 

Sidebar