AFRIKA-EVANGELIESE BOND (AEB)

 is deur drie Ierse susters met die van Garret gestig. Hulle het in 1924 om gesondheidsredes na Suid-Afrika gereis, en hier diep onder die indruk gekom van die geestelike nood wat daar in die blanke gemeenskap in die Suidwes-Kaap – veral onder die polisie – bestaan het. Saam met ’n groep geesgenote het hulle ’n interkerklike sending gestig, met ’n eie Bybelkollege (die Glenvar-kollege, Kaapstad) waar jongmense as geestelike werkers (“pelgrims”) opgelei kon word. Die AEB lê hom al meer as 90 jaar daarop toe om mense op te roep tot herlewing en ’n hegte geloofsverbintenis met Jesus* Christus*. In samewerking met plaaslike kerke en gemeentes word dienste gehou, en gesins- en jeugkampe gereël. Deur middel van AEB-boekwinkels in verskeie stede van die land, word Christelike lektuur beskikbaar gestel.

 

Sidebar