AFRIKAAN

AFRIKAAN is “iemand wat hom van en uit Afrika voel, wat hom identifiseer met Afrika” (HAT, 2005). In ’n klassiekgeworde omskrywing van die begrip het (toe nog) adj-pres Thabo Mbeki* by die aanvaarding van die Wetsontwerp op die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika op 8 Mei 1996 verklaar: “Die Grondwet waarvan ons die aanname vier, is ’n ondubbelsinnige verklaring dat ons weier om te aanvaar dat ons Afrikaanskap deur ons ras, ons kleur, ons geslag of ons historiese oorsprong bepaal word.” Hy het gesê: “Ek is ’n Afrikaan!” wat sy bestaan verskuldig is aan die Khoekhoen* en die San*, wat gevorm is deur die migrante wat Europa verlaat het om ’n nuwe tuiste hier te vind, in wie se are die bloed vloei van Maleierslawe uit die Ooste, wat kranse lê op die Boeregrafte by St Helena en die Vrouemonument, wie se wortels in Afrika lê, geboortegrond van Xhosa en Zoeloe en … en … en … Mbeki praat dus inklusief as hy Afrikaanskap omskryf. Sedertdien het daar wel in sommige kringe ’n neiging gekom om eng en uitsluitend en etnies-eksklusief daaroor te praat.

 

Sidebar