AFRIKAANSE BAPTISTE KERK

AFRIKAANSE BAPTISTE KERK bedien vanuit die baptiste*-tradisie die Afrikaanssprekende gemeenskap. Hierdie kerk het in 1884 tot stand gekom. Dit het nagenoeg 3 500 lidmate en 3 000 kinders. Die kerk beskik oor enkele sendelinge* – in Suid-Afrika, Swaziland, Peru, Taiwan en die Filippyne. Die bediening van die kerk fokus op teologiese opleiding en konferensie-aktiwiteite. ’n Tweemaandelikse publikasie, Die goeie tyding, word gepubliseer.

 

Sidebar