AGABUS

AGABUS was moontlik een van Jesus* se 72 dissipels* (Luk 10:1) en ’n Jerusalemse Christenprofeet. Later, in Antiogië*, voorspel hy hongersnood tydens die latere bewind van keiser* Claudius* (Hand 11:27-28). By dié geleentheid het die kerk* in Antiogië finansiële hulp aan die armes in Judea* gestuur. Waarskynlik is dit dieselfde persoon wat ongeveer in 58 nC vir Paulus* in Sesarea* ontmoet ná sy derde sendingreis. Hy waarsku Paulus deur ’n simboliese vasbindhandeling oor die inhegtenisneming en lyding wat in Jerusalem* voorlê indien hy daarheen sou gaan (Hand 21:10-12). In beide gevalle het Agabus se voorspellings waar geword, wat daarop dui dat hy ’n ware profeet* was.

 

Sidebar