AGAG

AGAG het ’n dubbele betekenis:

  1. Dit is die koning van Amalek* wat gespaar gebly het toe Saul* die Amalekiete*, in opdrag van die Here*, met die banvloek* moes tref (1 Sam 15:1-9). Samuel* het hom later self doodgemaak (1 Sam 15:32-33).
  2. Dit dui moontlik op die titel vir die konings van Amalek, soortgelyk aan die titel “farao”* vir die konings van Egipte* (Num 24:7).

 

Sidebar