AGIMAÄS

AGIMAÄS is die naam van drie persone in die Ou Testament*:

  1. Die pa van Saul* se vrou, Aginoam (1 Sam 14:50).
  2. Die seun van die priester Sadok*, wat lojaal gebly het aan Dawid* ten tye van sy seun Absalom* se opstand (2 Sam 15:27-36).
  3. Die skoonseun van Salomo* wat met sy dogter Basemat getroud was en as ’n streeksbestuurder in Naftali* gedien het (1 Kon 4:15).

 

Sidebar