AGINOAM

AGINOAM is die naam van twee persone in die Ou Testament*:

1. Die dogter van Agimaäs*1 en vrou van Saul*. Sy was die ma van Saul se drie seuns, Jonatan*, Jiswi en Malkisua, en twee dogters, Merab en Mikal* (1 Sam 14:49-50).

2. Die vrou van Dawid* uit Jisreël1*. Sy was die ma van sy oudste seun, Amnon* (1 Sam 25:43, 2 Sam 3:2, 1 Kron 3:1).

 

Sidebar