AGITOFEL

AGITOFEL was ’n raadgewer van Dawid* wat hom geskaar het aan die kant van Absalom* in sy opstand teen die koning. Hy het vir Absalom aangeraai om in die openbaar by Dawid se byvrouens te slaap en om hom aan te val voordat hy sy magte kon konsolideer (2 Sam 16:15–17:4). Agitofel het aan selfdood gesterf toe Absalom nie sy raad gevolg het nie (2 Sam 17:23).

GR Kotzé

Sidebar