AJALON

AJALON is ’n Levitiese* stad in die stamgebied van Dan* (Jos 19:42). Die Ajalonlaagte en Gibeon* was die plekke waar die son en maan stilgestaan het op versoek van Josua* (Jos 10:12). Saul* en Jonatan* het die Filistyne* van Mikmas* af tot by Ajalon verslaan (1 Sam 14:31). Dit is een van die vestingstede wat Rehabeam*, seun van Salomo*, herbou en versterk het (2 Kron 11:5-10).

 

Sidebar