ALFEUS

 is die naam van twee persone:

  1. Die pa van Levi, die tollenaar* (Mark 2:14), wat ook Matteus* genoem word (Matt 9:9).
  2. Die pa van die apostel* Jakobus*3 (Matt 10:3), wat iemand anders is as Jakobus *1, seun van Sebedeus* (Matt 10:3). Dit is onwaarskynlik dat Alfeus en Klopas* (Joh 19:25) of Kleopas* (Luk 24:18) dieselfde persoon is.

HJB Combrink

Sidebar