AMASA

AMASA. Twee persone dra dié naam:

1. Die persoon wat deur Absalom* aangestel is in die plek van Joab* as die hoof van Israel*3 se leër tydens sy rebellie teen Dawid* (2 Sam 17:25). Amasa het sy pos behou ná Absalom se dood, maar is later deur Joab vermoor (2 Sam 20:4-13).

2. Een van die vier leiers van Efraim* wat gekeer het dat gevangenes van Juda*4 na Samaria* geneem word (2 Kron 28:9-15).

 

Sidebar