AMEN

AMEN is ’n Hebreeuse* woord waarvan die betekenis herinner aan waarheid, waaragtigheid, betroubaarheid en standvastigheid. In beide die Ou* en Nuwe* Testament word dit gebruik ná koninklike, regterlike of Goddelike uitsprake, gebede of doksologieë om te bevestig wat gesê is (Deut 27:15-26; 1 Kron 16:36; Ps 41:13; 72:19; 89:52, Matt 6:13). In die Evangelies* begin Jesus* sommige van sy leringe met “Amen” (Matt 5:18; Joh 1:51) om op die gewigtigheid daarvan klem te lê.

 

Sidebar