AMNON

AMNON is die naam van twee persone in die Ou Testament*:

1. Die oudste seun van Dawid* wat sy suster, Tamar*, begeer het. Hy het haar onteer deur haar te verkrag en daarna weg te jaag (2 Sam 13:1-22). Hulle broer Absalom* het twee jaar later vir Amnon hieroor laat vermoor (2 Sam 23-38).

2. Die seun van Simon* uit die nageslag van Juda1* (1 Kron 4:20).

 

Sidebar