AMON

AMON. Drie persone in die Ou Testament* dra dié naam:

1. Die seun van Manasse*2, die koning van Juda* (641–640 vC). Die burgers van die land het sy agtjarige seun, Josia*, op die troon geplaas nadat Amon deur samesweerders doodgemaak is (2 Kon 21:19-26).

2. Die stadsbevelvoerder tydens die regering van Agab* wat die profeet Miga* moes opsluit (1 Kon 22:26).

3. Onder die nakomelinge van die dienaars van Salomo* wat teruggekeer het uit die ballingskap* (Neh 7:57-59).

 

Sidebar