ANAT

ANAT, ’n belangrike godin in die Kanaänitiese* vrugbaarheidsgodsdiens, was ook bekend as Astarte*. Sy was die suster en metgesel van Baäl* en bekend as ’n sadistiese en brutale vegter, maar met ’n besondere liefde en seksuele passie vir Baäl. Toe Baäl deur die god Mot* doodgemaak is, was dit Anat wat Mot ná ’n gewelddadige geveg doodgemaak en Baäl laat herleef het. As gevolg hiervan is die aarde se vrugbaarheid weer herstel. Volgens die Kanaänitiese vrugbaarheidskultus is die vrugbaarheid van die land, van diere en van mense mitologies* verbind, en dus afhanklik van die seksuele verhouding tussen Anat en Baäl.

 

Sidebar