ANATOT

ANATOT was ’n priesterlike stad in die stamgebied van Benjamin*. Die priester* Abjatar* is na Anatot verban omdat hy Adonia*1 as Dawid* se opvolger gesteun het in plaas van Salomo* (1 Kon 2:26). Die profeet* Jeremia* is in Anatot gebore en het daar ’n stuk grond van sy neef Ganamel gekoop as teken dat transaksies weer ná die ballingskap* in die land aangegaan sal word (Jer 32:6-25).

 

Sidebar