ANDREAS

ANDREAS was Simon Petrus* se broer en hy word 12 keer in die Nuwe Testament* genoem. Hulle was vissers, afkomstig uit Betsaida aan die noordekant van die See van Galilea*. Terwyl hulle besig was om vis te vang, roep Jesus* hulle om Hom as dissipels te volg.

Volgens die Johannes-Evangelie het Andreas graag ander mense na Jesus gelei – soos vir sy broer, Petrus, nadat Johannes*1 die Doper Hom bekend gestel het as die Lam* van God; en saam met Filippus* vir die Grieke wat Jesus graag wou sien. Waar Petrus meer voortvarend was, bly Andreas op die agtergrond. Tradisie wil dat hy as martelaar aan ’n kruis* gesterf het.

 

Sidebar