ANHIPOSTASIE

ANHIPOSTASIE. Ná ’n langdurige stryd het die kerk* by die Sinode van Chalcedon* in 451 tot die belydenis gekom dat die twee nature van Christus*, naamlik die Goddelike en die menslike, in die één Persoon van die ewige Seun van God verenig is. In hierdie vereniging is die menslike persoon – anders as die Goddelike Persoon – onselfstandig. Dit beteken dat die mens Jesus Christus nooit selfstandig sonder sy vereniging met die Goddelike Persoon kan bestaan nie. Hierdie waarheid staan bekend as die leer van die anhipostasie. Dit kan egter ook positief beskryf word deur te sê dat die menslike natuur net in die vereniging met die Goddelike natuur kan bestaan. Hiervoor word die term enhipostasie gebruik.

 

Sidebar