ANTHONISSEN, JACOBUS ADRIAAN STEPHANUS (KOBUS)

ANTHONISSEN, JACOBUS ADRIAAN STEPHANUS (KOBUS) (1942–) is ’n Calvinianer wat op Stellenbosch teologie studeer en ’n doktorsgraad in praktiese teologie* behaal het. Hy het in 1997 ’n diploma in psigoanalitiese psigoterapie aan die Suid-Afrikaanse Instituut vir Psigoterapie verwerf, en was jare lank verbonde aan die Karl Bremer-hospitaal terwyl hy ook deeltyds aan die Teologiese Fakulteit, Stellenbosch, doseer het. Hy is die skrywer van Dansend na die lig, Daar is altyd lig, Die Here is my Gasheer, en in 2005 van Luister na die Lig wat kyk na die “beseerde self” in die psige van baie mense. Dié werk was op die kortlys vir die Andrew Murrayprys* van 2006, soos ook in 2018 Anthonissen se boek oor “die jeug van die ouderdom”, Dansend vir die lewe.

 

Sidebar