ANTROPOSENTRISME

ANTROPOSENTRISME plaas die mens* in die sentrum van alles. Die mens is nie net in die bekende geestestromings van ons tyd die middelpunt nie, maar óók op natuurwetenskaplike terrein word die mens al meer die objek van teoretiese analises en selfs van praktiese eksperimente. Alhoewel die antroposentriese wending sterk in die 20ste eeu na vore gekom het, gaan dit so ver terug as die Renaissance*. Antroposentrisme dek ’n wye reeks beskouings en filosofieë wat die bestaan van God ontken. Dit fokus op die outonomie van die verstand en vier die mondigheid van die mens.

Vir verdere lees: JJF Durand 1982. Skepping, mens, voorsienigheid. Pretoria: NGKB.

 

Sidebar