APOKATÁSTASIS PANTOON

APOKATÁSTASIS PANTOON. Hiervolgens sal in die eindtyd* alle sonde* uit die skepping* verwyder word. Alles sal weer nuut gemaak word soos dit in die oorspronklike sondelose toestand was. Dié leerstuk vind sy oorsprong in Hand 3:21: “Hy moet in die tempel* bly totdat God alles nuut gemaak het.” Die leerstuk impliseer dat álle mense tot saligheid verkies is omdat alles nuut gemaak sal word. Die bedoeling van die teks in Handelinge* is egter nie die redding van alle mense nie, maar die herstel van die skepping. Die begrippaar apokatástasis pantoon moet saam met die begrip “herstel” gelees word (vgl Matt 19:28). Origenes* was die eerste teoloog wat dié gedagtegang in sy teologie gebruik het. Die Sinode van Konstantinopel het hierdie leer in 453 veroordeel as strydig met die Bybel*. Waar apokatástasis impliseer dat alle mense tot saligheid verkies is, veronderstel die leer van die uitverkiesing* dat nie alle mense uitverkies is nie.

 

Sidebar