APOLLINARIUS VAN LAODISEA

APOLLINARIUS VAN LAODISEA (310– 392). Hierdie biskop* staan bekend as een van die beste apologete van die 4de eeu. As voorstander van die besluite van die Konsilie van Nisea* het hy die Arianisme* meedoënloos in sy geskrifte aangeval. Hy het veral bekend geword deur sy leerstelling oor die verhouding tussen Jesus* se menslike en Goddelike natuur. Hy erken die volledigheid en volkomenheid van Jesus se Goddelike natuur, maar sy menslike liggaam het volgens hom nie ’n menslike siel en gees (volgens die platoniese trigotomie) gehad nie. Hy het die kontroversie oor die Christologiese stryd ingelei wat in die 5de eeu met mening sou woed.

 

Sidebar