ARABIES

ARABIES is die taal van die Arabiere, ’n groep stamme afkomstig uit die woestyn oos van Kanaän* en verder suid in die Arabiese skiereiland. Arabies is ’n Suidwes-Semitiese taal, teenoor Hebreeus* en verwante tale (Noordwes-Semities) en Akkadies (Oos-Semities; Kyk by:  Semitiese tale). Aangesien Arabies vandag die grootste lewende Semitiese taal is met meer as 200 miljoen moedertaalsprekers, bied dit navorsers waardevolle vergelykende materiaal om uitgestorwe Semitiese tale te verstaan. Arabies het ’n alfabetiese skrif ontwikkel met kenmerkende vloeiende lyne. (Kyk ook: Arabiere.)

 

Sidebar