ARARAT

ARARAT verwys na die bergreeks waarop Noag* se ark* gerus het ná die afloop van die sondvloed* (Gen 8:4), en na ’n landstreek (2 Kon 19:37; Jer 51:27). Ararat was in oostelike Klein-Asië*, wat dele van hedendaagse Iran, Irak, Rusland en Turkye insluit, ’n gebied met hoë bergreekse. Meer as een piek is al deur die eeue aangedui as sou dit die spesifieke rusplek van die ark gewees het.

 

Sidebar