ARAUNA

ARAUNA is ’n Jebusiet (Kyk by: Jebus) wat sy dorsvloer aan Dawid* verkoop het. Dawid het ’n altaar daar opgerig en, in opdrag van die siener Gad*, offergawes gebring om ’n einde te maak aan die epidemie wat uitgebreek het ná Dawid se sensusopname (2 Sam 24:18-25). Arauna se dorsvloer is die plek waar Salomo* uiteindelik die tempel*1 sou laat bou (2 Kron 3:1).

 

Sidebar