ARIANISME

ARIANISME. In 318 het Arius* betoog dat Christus* nie ewig saam met God die Vader* is nie, maar ʼn skepsel, ondergeskik aan die Vader, wél gelykvormig in wese aan die Vader, maar nie van wese nie (“similar but not the same”). Christus is dus nie God nie. Die konsilie van en Belydenis van Nisea* (325) het Arius veroordeel en die Godheid van Christus bely. Atanasius* en andere het Nisea so bekwaam verdedig dat die konsilie van Konstantinopel (381) die Godheid van Christus finaal bely het. Hedendaagse twyfels oor Christus is meestal eggo’s van hierdie ou Ariaanse dwaalleer.

 

Sidebar