ARIËL

ARIËL is ’n naam wat in twee verbande in die Ou Testament* voorkom:

1. Dit is een van die leiers wat Esra* gehelp het om Leviete* op te spoor ná die ballingskap*. Die leiers moes vir Iddo*, die leier in Kasifa, vir sy ampsgenote en vir die tempelslawe daar, vra om vir hulle mense te stuur wat diens kon doen in die tempel*2 van God (Esra 8:15-20).

2. Dit is ’n digterlike naam vir Jerusalem* in Jes 29:1-2 en 7.

 

Sidebar