ARMAGEDDON

ARMAGEDDON is die Hebreeuse* naam van die plek waar “die oorlog op die groot dag van God” teen “die konings van die hele wêreld” in die eindtyd (Kyk by: Laaste Dae) volgens Op 16:14-16 gaan plaasvind. Letterlik beteken dit “berg (har-) van Megiddo*”, wat verwys na die pas in die Karmel*-bergreeks waar talle beslissende veldslae plaasgevind het. Waarskynlik word hier op die eskatologiese* stryd om Jerusalem* volgens Sag 12:11 en 14:1-5 gesinspeel.

Vir verdere lees: AC Barnard 2005. Fokus op meer as 100 vrae oor die eindtyd. Wellington: Lux Verbi.BM.

Sidebar