ARMONI

 

ARMONI was ’n seun van Saul* en sy byvrou Rispa*. Tydens Dawid* se regering was daar ’n hongersnood wat drie jaar lank geduur het. Dit was die gevolg van Saul se poging om die Gibeoniete (Kyk by: Gibeon) uit te roei. Om hiervoor te vergoed, het die Gibeoniete sewe mans uit die familie van Saul gevra om hulle dood te maak. Armoni was onder die sewe mans (2 Sam 21:1-9).

 

Sidebar