ARTEMIS

ARTEMIS (Diana in Latyn – sien Hand 19:24, 1933/1953-Afrikaanse Vertaling) was in klassieke tye die godin van die jag, natuur en wilde diere wat ook by geboortes teenwoordig sou wees. Volgens klassieke verhale is sy op die eiland Delos gebore as die dogter van die hoofgod Zeus* en sy vrou Leto en as tweelingsuster van Apollo. Later is die natuurgodin van Efese* en een van die belangrike moedergodinne in Asië, ook Artemis genoem. Haar bekende standbeeld (wat uit die hemel sou geval het) het baie eiers (of ook borste) as aanduiding van vrugbaarheid (Hand 19:24-35).

 

Sidebar