ASA

ASA was ’n koning van Juda*4 (908–867 vC). Hy het sommige godsdienstige hervormings teweeggebring (2 Kron 15:2-7). Sy veldslag teen die Kussiet Serag was suksesvol (2 Kron 14:8-15). Tydens sy grensoorloë met Baesa*, die koning van Israel*, het Asa vir Ben-Hadad*, die koning van Aram*, omgekoop om vir Israel* aan te val. Die siener, Ganani, het hom hieroor veroordeel (2 Kron 16:1-10). Hy is dood aan ’n voetsiekte.

 

Sidebar