ASASEL

ASASEL. Hoewel Asasel vroeër anders verstaan is, verstaan die meeste geleerdes dit nou as die een of ander demoniese figuur na wie die een bok in Lev 16 gestuur is op die dag van versoening (Kyk by: Versoendag). Die naam beteken iets soos “kwaai god” en verder was die “wildernis” altyd ’n plek wat met “demone” geassosieer is. In vergelyking met ander Ou-Nabye-Oosterse literatuur word Asasel hier as demoon eintlik redelik onskadelik en magteloos uitgebeeld. Dit lyk nie regtig asof hy enige gevaar inhou vir iemand nie, maar bloot die ontvanger is van die sondebok.

EE Meyer

Sidebar