ASKELON

ASKELON, ’n groot hawestad en een van die vyf groot stede van die Filistyne*, oftewel Pentapolis*, wat in die Ou Testament* genoem word. Simson* het dertig mans in Askelon doodgemaak en hulle klere gevat om die persone te vergoed wat sy raaisel uitgelê het (Rig 14:19-20). Die stad word genoem in die profesieë teen die nasies (Jer 25:20; Amos 1:8; Sef 2:4; Sag 9:5-6).

 

Sidebar