ASSURBANIPAL

ASSURBANIPAL was die laaste belangrike koning van Assirië* (668–627 vC). Sy naam verskyn nie in die Bybel* nie, alhoewel Juda*4 onder sy beheer was en sy troepe meermale deur Palestina* gemarsjeer het op pad na Egipte* toe (vgl Nah 3:8-10).

Hy was waarskynlik die koning Asenappar wat bannelinge na Samaria* gestuur het (Esra 4:9-10) en koning Manasse*2 bevry het, een van die konings wat aan hom skatpligtig was (2 Kron 33:11-13).

Kenmerkend van Assurbanipal se regering was sy veldslae, groot bouprojekte, sy voorliefde vir leeujagtogte, maar veral sy ywer om ’n biblioteek op te bou. Dit het ongeveer 1 500 kleitablette bevat.

Vir verdere lees: DN Freedman (hoofred) 1992. Anchor Bible Dictionary. New York: Doubleday. JD Douglas 1998. Illustrated Bible Dictionary. Leicester: IVP.

 

Sidebar