ATALIA

ATALIA was ’n koningin van Israel*4 wat ná die dood van haar seun, Ahasia*1, ses jaar lank oor Israel regeer het (842–836 vC). Atalia het probeer om die hele koninklike familie uit te wis (2 Kon 11). Een van haar kleinseuns, Joas*, word in die tempel deur sy tante, Jehoseba, weggesteek. Ná ’n staatsgreep word Joas koning van Israel*. Toe Atalia die nuus hoor, skeur sy haar klere en roep: “Verraad, verraad!” Sy word ter dood veroordeel, en vanweë die priester se versoek dat sy nie in die tempel om die lewe gebring word nie, word sy na buite geneem waar die doodsvonnis voltrek is.

 

Sidebar