BAÄNA

BAÄNA is die naam van verskeie persone.

  1. ‑’n Seun van Agilud, ’n streekbestuurder tydens Salomo* se regering (1 Kon 4:12).
  2. ‑’n Seun van Gusai, nog ’n streekbestuurder (1 Kon 4:16).
  3. ‑Die pa van Sadok* wat gehelp het met die herstel van Jerusalem* se mure (Neh 3:4).
  4. ‑Die moordenaar van Saul* se seun, Is-Boset* (2 Sam 4:2).
  5. ‑Die pa van Geled, een van Dawid* se dapper manne (2 Sam 23:29).
Sidebar