BAHA’I

BAHA’I. Die Baha’i is ’n godsdiens wat ontwikkel is rondom die gedagte van eenheid en dat alle mense tot die welwese van die mensdom moet saamwerk. Die oorsprong is geleë in Iran in 1844 toe Mirza Ali Muham­med na homself as die Bab (die poort) begin verwys het. In 1862 het een van sy volgelinge, Mirza Husain Ali Nuri, na homself as die Bahá’ulláh (die heerlikheid van God) verwys. Die Baha’i word vandag as een van die snelgroeiendste godsdienste beskou en het ongeveer 6 miljoen aanhangers wat in 235 lande versprei is. Dit is die eerste wêreldgodsdiens wat ook ’n vroulike leier gehad het, Bahiyyah Khanum.

Die Baha’i glo in een God wat alles ge­skep het. Leiers van ander godsdienste word gesien as die manifestasies van hierdie God. Alle godsdienste is dus in terme van hulle tyd, plek en kultuur net die openbaring van die een God. Bahá’ul­láh was die laaste, maar wel nie die finale persoon van hierdie manifestasies nie. Die heiligste geskrif is die Kitab-i-Aqsa. Die belangrikste geestelike aktiwiteite is gebed, vas en meditasie, wat eenheid met God en mekaar moet bewerkstellig. Die belang­rikheid van die gesin en opvoeding word hoog aangeslaan.

Relativisme* en sinkretisme* is die swakplek van hierdie godsdiens.

Sidebar