BAKHITA, JOSEPHINE MARGARET FORTUNATA

BAKHITA, JOSEPHINE MARGARET FORTUNATA (1869–1947) is in Darfoer, in die huidige Soedan, gebore. Toe sy 6 jaar oud was, is sy ontvoer en as slavin verkoop. Die ontvoerders het haar Bakhita (Bevoor­regte) genoem. In haar jeug is sy verskeie kere op die markte van El Obeid en Khartoem verkoop. Haar verskillende eie­naars het haar hele lyf, behalwe haar gesig, met skeermeslemmetjies getatoeëer. Ge­woon­lik is sout in die wonde gevryf. Sy het dikwels tydens die marteling, terwyl haar hele lyf met bloed besmeer was, gepleit om tog te sterwe. In 1883 het die Italiaanse konsul, Callisto Legnani, haar gekoop. Hy het haar goed behandel en was van plan om haar vry te laat. In 1885 is sy na Italië gestuur en drie jaar later in die klooster vir doopvoorbereiding opgeneem. Sy is in 1890 gedoop en het in 1893 ’n non in Vene­sië geword.

Bakhita het gekies om haar ontvoerders en martelaar-eienaars te vergewe. Sy was bekend vir haar vriendelikheid, sagmoedig­heid en diensbaarheid. Sy het met ’n skool vir arm kinders begin. Nadat haar verhaal in 1930 bekend geword het, was sy ’n gewilde spreker by konferensies. Deur haar optredes het sy fondse vir sen­ding*werk in Afrika* ingesamel. Die Kato­lieke Kerk* het haar in 2000 tot heilige ver­klaar en gekanoniseer*.

 

 

Sidebar