BALAK

BALAK was die koning van Moab* wat die hulp van die waarsêer Bileam* ingeroep het om die Israeliete* te vervloek (Num 22-24). Tot Balak se groot frustrasie kon Bileam nie die Israeliete vervloek nie, maar hulle slegs seën (Num 23:23). Elders in die Ou Testa­ment* dien Balak as ’n voorbeeld van vrug­te­lose pogings om die planne van God te fnuik (Jos 24:9-10; Rig 11:25; Miga 6:5).

 

Sidebar