BAM, BRIGALIA NTOMBEMHLOPE (HLOPE)

BAM, BRIGALIA NTOMBEMHLOPE (HLOPE) (1942–) is opgelei in onderwys (Lovedale*, 1952), maatskaplike werk (Jan Hofmeyr-skool vir maatskaplike werk, 1957), kommunikasie en bestuur, en het ’n meestersgraad in kommunikasie aan die Universiteit van Chicago, VSA, verwerf. In haar stryd vir vroue wêreldwyd, dien sy as die Afrika-streeksekretaris en koördineerder van die vrouewerkersprogram van die In­ter­na­tional Food and Allied Workers’ Association in Genève, Switserland. Sy is ’n stigterslid en president van die Vroue-ontwikkelingstigting, en die nasionale uit­voerende sekretaris van die wêreld-geaffi­lieerde YWCA van SA. Die Wêreldraad van Kerke* werf haar as program-direkteur met fokus op vroue, jeug en menseregte. Sy dien as hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke* (1997–1998) en as voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskom­mis­sie in Suid-Afrika (1999-2009). Bam ontvang die Nasionale Orde van die Baobab vir haar bydrae tot vroueregte en demo­krasie*. Sy dien in verskeie direksies/rade, insluitende Absa, die SABC en universiteite, en as die vise-voorsitter van die SA Mense­regtekommissie. Sy het uitgebreide erva­ring in dosering en radio en televisie en het wyd gepubliseer. Sy ontvang ere-doktorsgrade van onder meer die universiteite van Durban-Westville, Stellenbosch, Unisa en die Victoria-universiteit in Toronto, Kanada.

 

Sidebar