BAPTIST UNION OF SOUTH AFRI­CA

BAPTIST UNION OF SOUTH AFRI­CA, wat sedert 1877 bestaan, is die eerste omvattende amalgamasie van die losstaan­de Baptistiese groepe wat tot in daardie stadium in die Suid-Afrikaanse konteks be­staan het. Dit sou vanaf 1877 ’n invloedryke rol beide in Baptiste- maar ook in algemene kerklike kringe in Suid-Afrika speel. Een van die invloedryke figure in die totstandkoming van hierdie amalgamasie was eerw GW Cross. Hulle hoofkantoor is in Wilro­park in Roodepoort geleë. Hulle beskik oor ’n kwartaallikse publikasie bekend as Baptist Today. Hulle lidmaattal is nagenoeg 50 000 lidmate, 24 500 kinders en 40 000 volgelinge (2015). Die Baptiste-Unie het ’n hele aantal streek- of provinsiale liggame of verenigings wat veral in die Oos-Kaap, Wes-Kaap, kwaZulu-Natal, Vrystaat en in die Noorde gekonsentreer is. Hulle bedienings­terrein sluit naas die gewone ampswerk ook ’n verskeidenheid ander aktiwiteite soos dié van opleiding, bejaardesorg, gevangenisbediening, kindersorg, opheffingsprogramme, hospitaalbediening en werk onder vigslyers in. Verder het hulle ’n sending­*afdeling wat in 1892 tot stand gekom het met die taak om die kerke en lidmate van die Baptist Union te lei en te fasiliteer in hulle betrokkenheid by die sending.

 

Sidebar