BARUK

BARUK is in die Ou Testament* die naam van twee mense en van ’n apokriewe geskrif.

  1. ‑Vriend en sekretaris van Jeremia*. Hy skryf die eerste Jeremia-boekrol (Jer 36) en vestig hom saam met Jeremia in Egipte* (Jer 43). In Jer 32 is hy getuie van Jeremia se landkooptransaksie. Verskeie geleerdes dink dat hy die biograaf was wat Jeremia se lewensverhaal opgeteken het.
  2. ‑’n Priester – die seun van Sabbai (Neh 3:2 en 10:63), die seun van Kol-Gose, die pa van Maäseja*.
  3. ‑Dit is ook die naam van ’n apokriewe* geskrif wat aan Baruk*1 toegeskryf word.

 

Sidebar