BASAN

BASAN is ’n vrugbare plato in die Trans­jor­daanstreek, oos van die See van Galilea*. Basan is veral bekend vir sy beeste, hout en landbou (Amos 4:1-3. Jes 2:13, Eseg 27:6). Dit het deel uitgemaak van die stamgebied van die halwe Manasse-stam ná die nederlaag van Og*, die koning van Basan (Num 21:33-35, Jos 13:11). Een van die asielstede*, Golan, was geleë in Basan (Deut 4:43; Jos 20:8).

 

Sidebar